Huis Inligting Oor Ons Fasiliteite Produkte Kontak Ons
FOTOGRAWE: Su-Mari Bothma en Hannelie Steyn

 CLICK FOR ENGLISH

Volg ons op Facebook

Oppiknoppi is begin Junie 2002 op die plaas Bellville in die Noord-Kaap Kalahari. Ons verwelkom alle gaste, toeriste, oorsese gaste en natuur liefhebbers.   Ons Chalets is binne in die wildkamp gelee. Hier is 10+ verskillende spesies in die kamp.  Jy gaan by ons ‘n warm en hartlike ontvangs en atmosfeer  kry in die Kalahari.Ons is bereid om ons stukkie hemel op aarde te deel in ‘n Malaria vrye omgewing. Pieter en Tania het saam Oppiknoppi begin, en ‘n spanpoging in die dekor ingesit om in die natuur in te skakel. Saam met hul twee kinders is dit pret om ander Families ook hier te ontvang.  Gamedrives kan ook geboek word waar meer vertel word oor die omgewing. Vir die voelkykers is hier meer as 100 verskillende spesies.  Hier kan jy asem haal en ontspan, onvergeetlike sonsondergange sien en die natuurlewe om jou geniet.  Oppiknoppi glo aan die beskerming van skaars diersoorte en is ‘n idiale wild en eko toerisme plaas.  Diere soos die breekoparend, gompou (grootste vlieende voël in SA) verskeidenheid uile, die erdvark en ‘n groot verskeidenheid kleiner katte (tierboskat, groukat) asook die ratel en vele meer kom nog hier voor.  Ons is deel van die Getaway se gewilde Kalahari roetes (die Hotazel Route) en word ook gereeld as afskoppunt van groot toergroepe soos “Touch the wild, African Adventures en Land Rover Gauteng” gebruik met toere. Gereelde jagters kom sover soos Mesina  

Ons glo dat geld nie alles in die lewe is nie, so moenie dat ons werklike billike pryse jou afsit nie – daar is nog plekke waar jy 3 sterdiens teen 1 ster pryse ervaar.

Ons GPS Koördinate is: 26  41  04  8  |  22  40  21  4                          EPOS:   pieter@oppiknoppi.co.za

PIETER  083 265 4729  /   TANIA  073 236 9933   
Huis Inligting Oor Ons Fasiliteite Produkte Kontak Ons

Copyright ©  Oppiknoppi 2017  -  Design by C-Tech Computers Kuruman